ONS STORIE
In Januarie 2005 begin Pastoor Alwyn en sy gesin 'n gemeente in die De Bron winkelsentrum, Vredekloof. Die gemeente groei mooi en die fasiliteit word later te klein om almal te akkomodeer. Daar word planne gemaak vir 'n groter gebou en die gemeente smelt saam met 'n buur-gemeente en huur 'n groter gebou.
In Mei 2008, huur ons die ou "Fruit & Veg" gebou (skuur) in De Bron, Vredekloof en ons begin met dienste daar. Die ou skuur is omskep in 'n aanbiddingsplek! Die gemeente groei mooi en baie siele vind hul pad na die Here. Mense kom van ver om dienste by te woon en die Gees van die Here word by elke diens ervaar. Daar heers 'n atmosfeer van liefde en omgee, wat die gemeente uniek maak.
Die gebou word ook te klein vir die gemeente en daar word in 2017 met 'n tweede Sondag-oggend diens begin. Intussen word die grond verkoop en Pastoor Alwyn Fouche en die bestuursraad besluit om te soek vir grond vir 'n nuwe kerkgebou.
In 2018 word 'n stuk grond in Buh-Rein Estate gekoop en planne vir 'n nuwe gebou word opgetrek. Die kerk word gebou met groot Genade en wonderwerke wat plaasvind. In Mei 2019 trek die gemeente oor vanaf Vredekloof na Buh-Rein Estate. Die gemeente is opgewonde en almal werk saam om die nuwe 'huis van aanbidding' in te rig. Op die eerste Sondag van Junie 2018 word die kerkgebou ingewy.
Volg hierdie link na 'n Youtube video oor ons:
https://www.youtube.com/watch?v=ndPwPm2nSnw